Sentrale Moondhede

Deelnemers aan die Eerste Wêreldoorlog: die Sentrale Moondhede en hul kolonies is in oranje, die Geallieerdes en hul kolonies in groen en die neutrale lande in grys.
Die leiers van die Sentrale Moondhede:
Keiser Wilhelm II (Duitse Keiserryk)
Keiser Frans Josef I (Oostenryk-Hongarye)
Sultan Mehmet V (Ottomaanse Ryk)
Tsar Ferdinand I (Bulgarye)

Die Sentrale Moondhede (Duits: Mittelmächte; Hongaars: Központi hatalmak; Turks: İttifak Devletleri of Bağlaşma Devletleri; Bulgaars: Централни сили, Tsentralni sili) was een van die twee strydende faksies in die Eerste Wêreldoorlog (1914–'18). Die alliansie het ontstaan uit die Drievoudige Verbond van 1882 en het geveg teen die Geallieerde Magte wat ontstaan het uit die Drievoudige Entente.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search